Skeepswrak lewer groot skat

‘n Sestiende-eeuse skeepswrak het ‘n goed gepreserveerde skat opgelewer wat dalk meer as R2,000,000 werd kan wees.

Dit het spesialis duikers meer as twee jaar geneem om die piouter borde en bakke onder die golwe naby die Dominikaanse Republiek na bo te bring.

Meer as 1,200 items van die beste kwaliteit Engelse piouterwerk is van die onbekende wrak gered wat by benadering rondom 1540 gesink het.

Die rede waarom die stukke so goed bewaar gebly het is, dat dit al die eeue in ’n seebed gelê het.