Sewejarige dogter is heel bo!

Klein Sané Schoeman, ’n sewejarige graad een leerling van die Laerskool Wonderboom, is die heel beste in die ouderdomsgroep onder 8 jaar skaakspeler in die ganse Suid-Afrika!

Hierdie jong Boerenooi het almal uitgestof en is nou uitgenooi om deel te neem aan die Suid-Afrikaanse proewe vir die SA Skaakspan wat volgende jaar in die Wêreld Skaakkampioenskap gaan deelneem.

Sy gaan ook deelneem aan die Suid-Afrikaanse spankompetisie waar sy Pretoria sal verteenwoordig.

Sané is ’n skaak liefhebber maar ook ’n uitstekende presteerder op akademiese gebied