Sewe gekul met simkaart omruiling

In Welkom, is Thabo Mokoena (38) van Vereeniging vasgetrap weens diefstal van R433,620 met internetbankdienste.

Mokoena is skuldig bevind op aanklag van bedrog met simkaarte van sewe slagoffers, en ook op aanklag van ontsnapping.

Veertien klagtes is teen hom ingebring waarop hy skuldig bevind is. Sewe daarvan vir “simkaart omruiling” en sewe vir onwettige elektroniese oorplasings.

Al sewe slagoffers was Absa kliënte.

Hy is vyf jaar hardepad opgelê.

Mokuna is ook skuldig bevind vir ontsnapping nadat hy vroeër vanjaar uit die Goedemoed-gevangenis by Rouxville ontsnap het.

’n Woordvoerder van Oranjekas het gewaarsku dat sulke bedrog toenemend verwag kan word met die verswakkende ekonomie wat gewoonlik ook bevorderlik is vir die soort misdaad.