Seismiese aktiwiteite neem toe

Die Raad van Geowetenskappe (CGS) het gesê dat sedert die myne om Johannesburg gesluit het, het die seismiese aktiwiteite van ongeveer vyf tot 10 per maand gestyg.

Volgens Michelle Grobbelaar, hoof van seismologie by die raad vind die meeste aktiwiteite aan die Oos-Rand plaas.

Die vermoede is dat daar baie diep gemyn is. Die CGS is bekommerd oor die moontlike gevaar wat dié aktiwiteite vir die stad kan inhou en daarom het hulle die getal waarnemingstasies vermeerder.

Volgens Grobbelaar word die spesiale sensors bo-op ’n soliede stuk grond vasgemaak wat dan enige beweging in die grond opneem.

Die sensors is baie sensitief en is selfs in staat om aardbewings op plekke soos Japan te voel.

Tans is daar 12 seismiese stasies in en om Johannesburg.

Dr. Herman van Niekerk, ’n geoloog aan die Universiteit van Johannesburg, het gesê stygende watervlakke in uitgewerkte myne, asook suur mynwater wat sekere minerale oplos, kan tot vêrdere onstabiliteit in ou myne lei.