Sakevrou Dhlomo se hande is skoon

‘n Onafhanklike forensiese ondersoek deur Deloitte het bevind dat geen ongerymdheid plaasgevind het in sake die lening van die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) aan ‘n maatskappy wat grootliks aan die sakevrou Khanyi Dhlomo en haar ma Venetia behoort nie.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid het aangekondig dat in die ondersoek deur Deloitte kon geen stawing van bewerings van korrupsie rakende die lenings teen die uitvoerende hoof en twee amptenare van die NBF gevind word nie.

Die lening van R34,1 miljoen aan Ndalo Luxury Ventures (NLV), ’n luuksegoederemaatskappy, is in Augustus 2012 goedgekeur.

Vroeër vanjaar het gerugte die rondte gedoen dat daar korrupte optrede betrokke was by die toestaan van die lening aan Dhlomo se onderneming.

Sy het egter deurgaans aangevoer dat alles bo verdenking is.

Foto – Khanyi Dhlomo