SA rowers by skeepswrak betrap

’n Britse burger, een Ier en twee SA burgers, is betrap toe hulle blykbaar wou gaan aas op die Costa Concordia skeepswrak.

Al vier is glo werkers van die Titan Salvage bergingsmaatskappy, wat verantwoordelik was daarvoor om die skip regop te trek sodat dit volgende jaar na ’n hawe in Italië gesleep en daar afgetakel sal word.

Die vier mans het geen reg, of toestemming gehad, om op die skip rond te snuffel nie.

Hulle het glo verdag voorgekom toe mense gesien het hulle beweeg rond op die wrak, en dra rugsakke.

Die vier mans is almal afgedank deur hulle werkgewer, en terug gestuur na hul onderskeie lande van herkoms.