SA Regering aangekla by VN

’n Man wat aangekla is van moord op sy geliefde meisie Inge Lotz, en deur die hof onskuldig bevind is, het ’n eis teen die polisie ingedien vir R46 miljoen omdat hy pyn en lyding moes verduur, en gesukkel het om weer werk te kry.

Mnr. Fred van der ­Vyver sê hy is deur die polisie, en ook deur die publiek beskuldig dat hy die moordenaar is van sy geliefde, en het toe ’n reeks hofsake begin om sy eis gewettig te kry, maar het die een na die ander verloor

Dit is deel van sy betoog in sy aansoek wat onlangs aan die Verenigde Nasies se Internasionale Kommissie vir Menseregte in Genève besorg is.

Indien dié kommissie sou beslis dat sy aansoek meriete het, sal die regering ses maand tyd gegun woord om daarop te reageer.

Hy is in 2005 aangekla dat hy sy meisie, Inge Lotz, in Maart daardie jaar vermoor het, maar is in 2007 onskuldig bevind deur die hof. Hy het daarna ’n eis van R46 miljoen teen die polisie ingestel en die saak gewen in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

Die regering het geappelleer en die saak gewen, waarna hy hom tot die konstitusionele hof gewend het, maar daar ook verloor het.

Sy enigste uitweg was om die VN te nader.

In die stukke wat ingedien is by die VN vra hy dat die regering gelas moet word om hom te vergoed, aangesien die polisie  valse en misleidende getuienis gelewer het rakende forensiese aangeleenthede.

Hy wys ook daarop dat die bloedmerk in ’n badkamer vals en kwaadwillig was en sê voorts dat daar geen twyfel is nie dat die polisie oor ’n hele aantal jare sy menseregte ge­skend het.