SA Kabinet steun besnydenis

Die ANC regime se kabinet het nou sy steun uitgespreek dat mans hulle moet laat besny om Vigs oordrag te verminder.

Die kabinet vra ook dat Suid-Afrikaners kondome moet gebruik en nie veelvuldige seksuele verhoudings aanknoop nie.

Die regering doen ook ’n beroep op mense om hulle jaarliks te laat toets vir vigsbesmetting.

’n Woordvoerder van die Verkenners sê dit is duidelik dat die regering geen metode kan vind om die kultuur van sekere bevolkingsgroepe sal verander kry nie, wat beteken die oordrag van MIV-vigs is ’n verlore stryd.

Dit is ook vreemd dat die kabinet ’n beroep op mense doen om kuis te lewe, terwyl sekere kabinetslede blykbaar self skuldig staan, vandaar die spottery met die stortkop.

Die veelwywery is net ’n ander manier van “veelvuldige seksuele verhoudings”, het hy gesê.