SA en DRK teken ooreenkoms

Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het ‘n ooreenkoms oor die Grand Inga hidro-elektriese skema in die Kongorivier onderteken.

Pres. Jacob Zuma het tydens ‘n ampsbesoek aan pres. Joseph Kabila van die DRK gesê die ondertekening van dié ooreenkoms is noodsaaklik omdat dit die potensiaal het om meer as die helfte van Afrika van krag te voorsien.

Zuma, vergesel van ‘n afvaardiging van Suid-Afrikaanse ministers en vooraanstaande sakelui, het die ondertekening eergister in ‘n toespraak aan die Kongolese parlement aangekondig.

Die Grand Inga-projek is daarop gemik om die hidroëlektriese potensiaal van die Kongorivier, die grootste rivier in Suider-Afrika, ten volle te benut.

Foto – Grand Inga dam