S.A, het baie geld vir Afrika

Die lening wat Tanzania in November van die Development Bank of Southern Africa (DBSA) bekom het, ten bedra van $314-miljoen (R3140-miljoen), vir twee kragvoorsieningsaanlegte bring weereens die vraag na vore oor Suid-Afrika se prioriteite.

Op die DBSA se webwerf staan: “DBSA’s goal is to improve the qaulity of life of the people of the region”.

Tanzanië grens aan Kenia, DR Kongo en Ethiopië. Wanneer blankes vir lenings aansoek doen is daar sekere AAS vereistes omdat “die ongeregtighede van die verlede reggestel moet word”, maar vir inwoners buite die land is daar altyd hulp.

In April was daar aangekondig dat die Suid-Afrikaanse regime aan Zimbabwe ‘n lening van R900 miljoen goedgekeur het om hulle te help om hulle kontant tekort aan te vul met die oog op die vekiesing wat gehou sou word.

Daar is ook al waar geneem dat staats- en semi-staatsorganisasies streng Affirmative Action op blanke burgers van Suid-Afrika toepas, en dat hulle selfs ondergeskik gestel word aan die aanstelling van swartes buite Suid-Afrika wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie.