RSA Satelliet opgestuur

Alles het goed verloop met die lansering van Suid-Afrika se geblokte satelliet wat aan boord van RS-20B-vuurpyl van Rusland die ruimte ingestuur is.

Die geblokte satelliet, bekend as die Zacube-1, is deur studente in die Wes-Kaap gebou volgens die spesifikasies van die SA Nasionale Ruimteagentskap en die Frans-SA Instituut vir Tegnologie.

Die satelliet sal as “antenna” dien om die verspreiding van radiogolwe te bestudeer, wat verband hou met die ruimte se weer, waarvan son vlamme en uitbarstings een geval is.

Die eenheid bevat meer as 4,100 komponente, wat aan ’n baie klein, maar kragtige rekenaar gekoppel is.

Foto –  Zacube-1