RGN vier transformasie!

Die ooreenkoms wat die Minister van Wetenskap en Tegnologie met die hoofde van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) getref het, dui daarop dat die RGN die afgelope boekjaar 87% van hul gestelde doelwitte bereik het.

Die inligting is bekend gemaak deur prof. Olive ­Shisana, die Uitvoerende Hoof, tydens ’n geleentheid met die “viering van transformasie”  oor die afgelope 20 jaar.

Die RGN het gevorder om te verander van ’n “apartheid-instelling tot ’n sterk, finansieel stabiele organisasie”. wat nou ook internasionale erkenning ontvang, het sy gesê.

Shisana sê sy is trots op die RGN se 65 senior navorsers met hul publikasie-rekord, maar wys daarop dat die doelwit van 50% swart navorsers nie bereik is nie.

Op die oomblik is 35% van die navorsers swart.

Foto – prof. Olive ­Shisana