Rekord-verkope by Dubai lugskou

Boeing en Airbus se transaksies het die nuwe hoogtes bereik tydens die afgelope paar dae se lugskou by Dubai.

Kontrakte wat gesluit was het meer as $190-miljard beloop met die meeste daarvan aan Boeing met $101,5-miljard. Boeing se aandeleprys het met die nuus met 1,7% gestyg tot $138,70.

Die Boeing kontrakte wat gesluit was se grootste vliegtuigaankopers was Emirates 150 eenhede, Fly Dubai 86, Etihad 56 en Qatar Airways 50.

Daar was ook bestellings geplaas vir die Boeing 777 wat nog in ‘n vroeë produksiestadium is.