Regering mors miljarde Rand

In die afgelope vier jaar het die ANC regering onder leiding van pres. Jacob Zuma R10 miljard van die land se belastinggeld vermors

Die berekening is gemaak op grond van antwoorde wat in die parlement verstrek moes word oor finansiële aangeleenthede.

Die inligting is deur ministers verskaf en blykbaar is daar dokumente beskikbaar wat bewys dat die bedrag korrek is.

In die vorige boekjaar tot Maart 2013 het die regering en departemente, volgens die Ouditeur-generaal, meer as R30 miljard verkwis, wat bedrae insluit van onreëlmatige uitgawes.

Politici wys daarop dat daar minstens 300 nuwe skole met die vermorste geld opgerig kon word.