Randburg onder beleg

Talle inwoners en sakeondernemings in Randburg voel bedreig en onder beleg na ’n hele aantal huisrooftogte uitgevoer is in die Fairland omgewing.

Die buurt wat bekend is vir die rustigheid, loop deur onder ’n vlaag van rooftogte wat ongekend is in die geskiedenis van Randburg.

Huisrooftogte wat skerp toegeneem het, word van tyd tot tyd opgevolg met rooftogte in naby geleë sakeondernemings.

In die eerste drie weke van November is sowat 10 gewelddadige rooftogte uitgevoer wat inwoners radeloos laat aangesien die polisie geen hond haaraf gemaak kry nie.

Dit blyk dat ’n goed georganiseerde bende van vyf, met ’n silwer BMW besig is om amok te maak met hulle professionele rooftogte.

Een gesin in die woongebied het sowat R90,000 se goedere verloor toe die boewe op hulle huis toegeslaan het.