Radioaktiewe lek by Pelindaba

Blykbaar het lekkasies by die Pelindaba Kernverrykingsaanleg ontstaan en moes die betrokke aanleg vir veiligheidsredes gesluit word.

Dit bring mee dat behandeling en ’n doeltreffende metode om kanker op te spoor, vir eers skipbreuk ly.

Radioaktiewe gas het in die atmosfeer gelek en kan ernstige gevolge inhou vir derduisende mense in Sentraal Transvaal.

Dit is die derde lekkasie wat by Pelindaba ontstaan het in die afgelope 17 jaar, alhoewel die huidige lekkasie as gering beskou word deur kenners.

Aktiviste glo egter dat dit ’n rooi lig laat flikker, aangesien die lekkasie net so wel groot en uiters gevaarlik kon gewees het.

Radioaktiewe medikasie wat vanaf die Pelindaba aanleg beskikbaar gestel word, is van groot waarde in die gesondheidsbedryf, veral vir behandeling van kanker, en die diagnoseer daarvan.

Die sluiting kan baie pasiënte raak en die ondersoek moet eers afgehandel word voordat oorweeg kan word om die aanleg te heropen.

Dit is die derde lekkasie wat by Pelindaba ontstaan het in die afgelope 17 jaar, alhoewel die huidige lekkasie as gering beskou word deur kenners.

Aktiviste glo egter dat dit ’n rooi lig laat flikker, aangesien die lekkasie net so wel groot en uiters gevaarlik kon gewees het.

Aangesien die medikasie na vyf dae verval, is die land nou aangewys op voorsiening uit die buiteland.

Die land behandel sowat 400 pasiënte daagliks met n produk bekend as Mo-99 wat kanker verspreiding in die liggaam bepaal, en word ook gebruik om siektes te identifiseer wat verband hou met die niere, brein, longe en hart.