Prokureurs se tariewe in gedrang

Prokureurs se tariewe in gedrang

 

Prokureurs in Suid-Afrika se tariewe word nou getoets en op die spits gedryf in die Konstitusionele hof.

Regter Willem van der Merwe, die adjunkregter-president (ARP) in Pretoria wat onlangs uitgetree het, en ander kundiges in die regsberoep is betrokke in die geding wat uiteindelik elke prokureur in die land finansieel kan beïnvloed.

Dit blyk dat die geding hoofsaaklik handel oor die tarief wat met kliënte ooreengekom word in eise soos die Padongelukkefonds.

Tans word ’n tarief ooreenkoms met kliënte aangegaan wat gewoonlik gekoppel word aan ’n persentasie van die bedrag wat geëis, of toegestaan word. So ’n ooreenkoms is normaalweg van toepassing waar die kliënt nie oor die fondse beskik om vir die regshandeling te betaal nie.

Dit blyk dat daar gevalle is waar prokureurs aansienlik meer as die vasgestelde, wetlike gebeurlikheidsfooi van 25% van die eis, in hulle sakke steek.

Na bewering word die toetssaak in die Konstitutisonele hof begin na aanleiding van ’n geval waar ’n prokureur deur sy kliënt gedagvaar is omdat hy meer as 25% geëis het.