Projek 2010 kry hupstoot

Toe die bestuur van Projek 2010 vroeër vanjaar n navraag van n welmenende Fransman uit Frankryk ontvang, was daar nie enige rede om te dink dat die vriend n finansiële bydrae sou maak nie.

Uiteindelik het Projek 2010 se bestuur weer n brief uit Frankryk ontvang waarin die bankbesonderhede van Projek 2010 aangevra word.

Groot was die verrassing toe die bestuur op hulle bankstaat sien dat n aansienlike bedrag deur die Fransman inbetaal is.

Wat verstommend is, is dat dit op een na, die grootste skenkingsbedrag is wat Projek 2010 vanjaar ontvang het van welmenende donateurs.  

Projek 2010 word bestuur en bedryf met finansiële ondersteuning uit die beursies van volksgenote wat maandeliks n bydrae maak om die lopende koste van die edel werk wat gedoen word, te help finansier.

Besoek gerus die webblad van Projek 2010 by www.projek2010.co.za