Progs – Wantroue nou groter

Die DA het ’n linksomkeer gemaak soos wafferse voetsoldaat, en sy leier, Helen Zille het geen ander uitkoms gehad nie, as om ronduit te erken dat hulle ’n fout gemaak het deur steun te gee vir die Wysigingswetsontwerp op raskwotas.

Zille het in ’n verklaring gesê “dit is beter om jou foute te erken”.

Waarnemers sê egter dat die “fout” duidelik wys hoe die DA dink.

Net soos wat die ANC ten gunste is van raskwotas, so is Zille. maar nou gaan dit om stemme te tel, is gesê.

Zille het waarskynlik die linksomkeer gemaak nadat Tony Leon haar daarop gewys het dat die DA nou net soos die ANC is.

Die Vryburger het talle navrae oor die aangeleentheid gehad, wat daarop dui dat die DA nou nog minder vertrou word.

“As jy so ’n ernstige saak oorweeg, behoort jy dadelik te weet wat te doen staan, en die DA het gewys dit gaan om stemme te trek”, het ’n DA ondersteuner gesê.

Die DA is beginselloos, en gaan môre weer ’n ommeswaai maak terwille van stemme”, het een leser woedend gesê.

Waarnemers is van mening dat die DA nou nog minder vertrou kan word, want hulle kan enige dag hulle siening oor ’n saak verander, net soos die ANC, en dit lyk of Tony Leon se opmerking in die kol is.

Voorheen was Zille gekritiseer omdat sy teen straatnaam veranderings in Pretoria was, maar in Kaapstad dit ondersteun het.