Premier moet betaal

Donovan Gouws (37), ’n verkoopsverteenwoordiger van Welkom, moes noodgedwonge die hof nader nadat ’n depper in sy buik agter gelaat is na afloop van ’n operasie wat hy ondergaan het.

Die hof het nou, met regter Sesele op die bank, beslis dat die Vrystaatse premier, en die LUR vir Gesondheid, verantwoordelik gehou word vir die fout en moet derhalwe R250,000 opdok.

Hulle is ook verantwoordelik vir die hofkoste, en die onkoste om deskundiges se getuienis te kry vir die hofsaak.

Die verwydering van die depper, en al die “kwaad” wat opgebou het in sy buik, het daartoe gelei dat hy meer as ’n week in die Universitas hospitaa in Bloemfontein, moesl deurbring.

Mnr. Gouws het ernstige nagevolge oorgehou en hy sukkel steeds om te herstel.