Potch wys nuwe Visekanselier aan

Die Universiteit van Potchefstroom het prof. Dan Kgwadi, rektor van hul Mafikeng kampus aangestel as die nuwe viserektor in plek van dr. Theuns Eloff wat volgende jaar in Mei uittree.

Prof Kgwadi sê hy voel geëerd en nederig oor die universiteitsraad se vertroue in hom en sal onderlinge verhoudinge en sosiale integrasie wil versterk.

Die stryd om die pos was tussen Kgwadi en prof. Herman van Schalkwyk, wat nou aangestel is as adjunkhoof van die Universiteit, en sal ook as rektor aanbly.

Kgwadi beskik oor die grade BSc (fisika en chemie), MSc (fisika), MPhil (omgewingsreg en -bestuur) en ’n PhD (Fisika Ed).

Hy was voorheen verbonde aan die fisika-departement  van die Vaal Universiteit van Tegnologie.

Prof. Herman Van Schalkwyk is ’n voormalige ondervoorsitter van die direksie van die Landbank.

Foto – prof. Dan Kgwadi