Polisie moet dadelik optree

Die ou begrip dat daar ’n wagtyd is voordat die polisie begin soek na ’n vermiste persoon, is skynbaar vir goed verby weens die hoë vlak van misdaad in die land.

Die “opdrag” is glo in groot, vet letters geskryf in ’n omsendbrief wat aan alle polisiebeamptes gerig is.

Die Opdrag kom glo van die polisie se kommunikasie-afdeling, en lui dat die aantal sake van vermiste mense kommerwekkend gestyg het.

In die omsendbrief word ook melding gemaak van die kommer wat bestaan by die familielede van vermiste mense.

Hulle beweer dat wanneer hulle die polisie nader, moet hulle eers sowat 24 uur, en dikwels tot twee weke wag voordat die polisie begin soek.

Daar word ook gewys op die belangrikheid dat alhoewel kinders soms wegloop, maak dit geen verskil aan die polisie se taak om hulle te soek nie.

Die onmiddellike reaksie van die polisie word as van uiterste belang gestel.