Radovan Krejcir, die man wat na bewering die mafia-baas in die land is, het sy regsverteenwoordigers versoek om ’n dringende hofaansoek voor die hooggeregshof in
Sy regspan beweer dat hy blykbaar sodanig beseer is in polisie aanhouding dat hy hart- en nierversaking
Die mediese toetse wat deur ’n onpartydige dokter gedoen is, se verslag toon dat Krejcir tydens sy inhegtenisneming verlede Vrydag met ’n kragtige skokapparaat geskok is en dit het veroorsaak dat hy ernstige gesondheidsprobleme het..
Krejcir en ’n medebeskuldigde moes Maandag in die
Hy was blykbaar betrokke by ’n voorval waar kookwater oor ’n man se kop uitgegooi is.
’n Polisiewoordvoerder, Moses Dlamini, van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig dat ondersoekers met Krejcir in gesprek was en ook sy verklaring afgeneem het, wat meebring dat die ondersoek maande kan neem om af te handel.
Intussen verdiep die raaisel rondom die tweedrag wat blykbaar onder senior polisiebeamptes heer oor die inhegtenisneming van die beweerde mafia-baas.
Dit blyk ook dat polisiebeamptes die regte van Krejcir geweier het, en eers na sowat 20 uur in aanhouding, toegelaat het dat hy kontak maak met sy regsverteenwoordigers.
Die regsverteenwoordigers het ook ’n klag van poging tot moord ingedien teen die polisiebeamptes van ’n polisiekantoor in
Een kant van die saak is dat sg ‘regte’ sekerlik deur die instellers daarvan eerbiedig moet word.
Interessant egter dat wetsoortreders skielik baie streng binne die wet te werk wil gaan sodra hulle self in die spreekwoordelike warm water beland.
Polisie het die een lelik verbrou. Ja hy is ‘n skobbejak wat agter tralies hoort. Maar as die aantuigings waar is, gaan hy stap. Geen hof gaan die saak verder neem nie.