POF moet R4,1 miljoen uitbetaal.

Die Padongelukkefonds (POF) moet nie net R4,1 miljoen aan ‘n voormalige senior elektrisiën, Jurie Loots (38) betaal nie, maar is ook gelas om sy regskostes en die redelike tarief van tien deskundige getuies te betaal.

Regter S. Ehrlich het in die Bloemfonteinse Hooggeregshof ook bepaal dat die POF aan Loots ‘n onderneming gee om 80% van sy toekomstige mediese uitgawes voortspruitend uit die motorongeluk te betaal.

Loots het ernstige rug- en skouerbeserings opgedoen in ‘n motorongeluk. As gevolg van die ongeluk moes hy talle operasies ondergaan en kan hy nie meer sy werk as elektrisiën behoorlik doen nie.