Plaaswerker staking boemerang

Die staking van sowat 50 plaaswerkers op die J Le Roux-landgoed in die Wes-Kaap, het geboemerang toe werkers die onwettige stakers gevange geneem het en daarna aan die polisie oorhandig het.

’n Woordvoerder het gesê die gebeure van die afgelope paar dae kan as ’n jong oorlog gesien word. Sy sê dat die 50 werkers wat staak, het nadat hulle ’n voertuig en veld aan die brand gesteek het, probeer wegkom, maar van die werkers het besluit om self op te tree en die vermeende kwaadstokers in die vrugteboorde gevang.

Bewerings is gemaak dat van die stakers gedreig het om die werkers se huise af te brand. Die plaaswerkers meen egter dat hulle die opstokers, wat hoofsaaklik deur vakbonde aangehits word, self sal hanteer as dit nodig raak.

Die landgoed eienaars het intussen veiligheidsmaatreëls opgeskerp om seker te maak die opstokers word weggehou van die plaas en dat werkers veilig sal wees.

’n Kenner van arbeidsake sê dit is duidelik dat plaaswerkers nou baie moeg is vir vakbonde wat gedurig aanhits en opstook, maar as die werkers hulle werk verloor, dan is die vakbonde skoonveld.

Plaaswerkers het ook ’n bekommernis dat boere moontlik kan meganiseer en dan verloor honderde, soos wat reeds gebeur het, hulle werk as hulle sou staak.