Pieter Kok oorlede

’n Voormalige werknemer en staatmaker by Radio Pretoria, is gister oorlede nadat hy ’n week gelede opgeneem is in die hospitaal vir behandeling.

Mnr. Pieter Kok was jare lank betrokke as hoof van die advertensieafdeling van die Radiostasie.

Hy het sowat ’n jaar gelede ’n groot hart operasie ondergaan en het intussen ook gesukkel om te loop vanweë sy knieë wat probleme gegee het.

Sy vrou het ook vir etlike jare by die Radio gewerk in die hoedanigheid as sekretaresse.

Beide het Radio Pretoria verlaat nadat die nuwe bestuur en direksie aan bewind gestel is.

Pieter word oorleef deur sy vrou Betsie, en vyf dogters.