Pasop vir haatdraende werkers

Mnr. Jacques Payne, ’n boer in die Willowmore distrik het glo erge trauma beleef nadat hy in hegtenis geneem is omdat ’n besope plaaswerker, wat afgedank is, ’n klag gele het van aanranding.

Payne se advokaat het egter in die hof daarop gewys dat die klagte teen sy kliënt teenstrydighede bevat.

Dit spruit uit ’n klag wat die werker gele het na hy afgedank is omdat hy in sy dronkenskap met ander werkers baklei het.

Payne het die werker voorheen gewaarsku vir sy gewoonte om besope te raak en dan met ander gevegte aan te knoop.

Payne is in hegtenis geneem weens ’n klag dat hy die werker met ’n swart rewolwer geslaan het.

Payne, wat geen wapen besit nie, moes verskeie kere in die hof voorkom en het later ’n advokaat gekry om sy saak te hanteer.

“Nogtans het die polisie wat hierdie botsende verklarings afgeneem het, my kliënt in hegtenis geneem en het die staat besluit om voort te gaan met die strafregtelike vervolging, ” was die woorde van die advokaat.

Dit is nie bekend of die boer ’n eis teen die polisie gaan instel vir sy onregmatige inhegtenisneming nie.

’n Voorwal in die Wes-Kaap, wat later as bedenklike aantygings bewys is. maar wat deur ’n werker gemaak is, het uiteindelik daartoe gelei dat ’n boer sy hand aan sy eie lewe geslaan het