Parlement aanvaar "Muilbandwet"

Die parlement het die omstrede “muilbandwet” aanvaar met 225 stemme teen 88.

Volgens ingeligte waarnemers gaan die land daarmee nog ’n tree of tien nader aan ’n kommunistiese bestel waar die media gemuilband word om die lesers ingelig te hou.

Slegs die ANC was ten gunste van die uiters omstrede wet.

Siyabonga Cwele, ANC Minister van Staatsveiligheid, het gesê die wetsontwerp maak voorsiening vir deklassifikasie van inligting vir navorsingsdoeleindes sodra ’n afkoeltyd verby is, en ’n volgende ANC spreker het glo ontken dat die land ’n piesangrepubliek geword het.

’n Ander ANC spreker het te velde getrek teen die term “muilbandwet”.

Kenners meen die wet sal waarskynlik ingespan word om die ongerymdhede van regeringslui te verberg, soos die Guptagate-geval, die Zumaville saak, die wapenskandaal, die Marikana-slagting, en talle ander aangeleenthede.

Te midde van alles, is daar ’n algemene siening dat die wet indruis teen die gees van die grondwet en derhalwe as ongrondwetlik gesien kan word.