Oud-brandweerman probeer red

Toe Henk Coetzee (55) die brandblussers by ’n vulstasie gegryp het en gehardloop het om ’n brand te blus, het hy nie besef dat hy die blussers wederregtelik verwyder het van die perseel nie.

Hy was egter, as oud brandweerman, weer die redder van jare gelede toe hy probeer het om mense te red wat in ’n brandende motor vasgevang was.

Die drama het verlede Saterdag afgespeel naby Onderstepoort toe ’n motor en vragmotor gebots het, en die motor aan die brand geslaan het.

Henk het sonder om te wag, gedoen wat hy weet die redding van mense kan beteken deur die vulstasie se brandblussers te gebruik, maar sy pogings was ongelukkig vrugteloos en hy moes sien hoe die vier mense in die voertuig dood brand.

Die name van die oorledenes kon teen druktyd nog nie bekend gemaak word nie.