Oranje Sakekamer striem ANC

In ’n media-vrystelling het ’n geaffilieerde Sakekamer van die Oranje Sake Instituut, skerp gereageer op die gewraakte uitlating van ’n ANC woordvoerder waarin hy die party vergelyk met die Drie-Eenheid.

Die volledige verklaring lui soos volg:

Die Oranje Sakekamer Wesrand wil as volkseie, Christelike besigheidsmanne hulle misnoeë uitspreek met die vergelyking van die ANC en hulle bedmaats aan die Bybel en die Drie-Enige God.

Asof dit nie genoeg is dat besighede in die land gebuk moet gaan onder Swart Ekonomiese Bevoordeling en Aandele Afpersing vir Swartes nie, word ons Godsdiens nou ook beledig.

 

Die ANC moet besef dat hulle mense kan hiet en gebied, maar dat die Hemelse Vader nie sal toelaat dat daar in Sy naam goedkoop politiekery gepleeg word nie.

Alwyn de Klerk

Sekretaris

OSK