Dit is opvallend hoe daar in politieke kringe geskarrel word om nog ’n paar stemme te lok om ’n kruisie vir die party te laat trek met die 2014 verkiesing.
Met al die geskarrel, kom die leuens en die streke ook na vore, en word dit later lagwekkend om te sien watter leuens uitgeblaker word om hulleself te regverdig en te verdedig.
Die jongste voorbeelde is van die ANC se man wat in Noord-Transvaal vir ’n klomp oningeligte kiesers vertel dat hulle vir die ANC moet stem, anders gaan die Boere wen, om dan daarna in Sentraal Transvaal in Afrikaans te bid vir die gehoor!
Die ander leuen wat waarskynlik net so lagwekkend is, is die van die “black sash vrou”, ene Helen Zille, wat vertel dat hulle mislei was oor die voorgestelde wetgewing waar ras weer ter sprake is.
Geen wonder dat briefskrywers in die links-liberale media hulle teleurstelling, en hulle skok te kenne gee oor die leuens wat kwytgeraak word nie.
Die talle navrae, en die kommentaar van lesers in hierdie verband, is ’n aanduiding van hoe mense voel oor die Zille-party se klaarblyklike bedenklike optrede.
Tereg het Die Vryburger berig waarin dit uitgewys is dat die Zille-party op een plek teen, en by ’n ander plek ten gunste van straatnaam veranderings was.
Dit laat die indruk van ’n party en sy leiers wat nie vertrou
Hierteenoor staan die onkreukbare optrede van die Boere-Afrikaner Volksraad wat ’n eerlike, reguit pad stap, om vryheidsgesinde volksgenote te lei op die weg na uiteindelike soewereine onafhanklikheid, sonder om dit te probeer doen met liegstories.
Die Boere-Afrikaners sal waarskynlik weer in hulle duisende registreer om aan die VVK se verkiesing van 2014 deel te neem.
Met die daad sal die Boere-Afrikaners, ongeag wat die linkse media sê, sterk op die voorpunt wees van hoe ’n vry en regverdige verkiesing gehou word, waar eerbaarheid teenoor sy kieserskorps voorop gestel word.
Oor die jare het ons beleef hoe hierdie linkse media, vir dekades probeer het om die Boere-Afrikaner dood te swyg. Daarom
Dit is egter nie meer ’n saak van kommer nie – die koms van Die Vryburger het hierdie probleem ondervang.
Elkeen wat oor ’n internet-gerief beskik, sal weet dat ons volk weer verkiesing gaan hou, en dit sal weer ’n verkiesing wees waar volksgenote stem vir die kandidaat van sy keuse!
Die Vryburger sal van tyd tot tyd beriggewing plaas oor nuus en vordering, sodat kiesers op hoogte van sake
Dit sal gedoen word om volksgenote op die voorpunt te hou, met nuus wat saakmaak!
Redakteur
Ek sal ook graag artikels wil sien van die genomineerdes om meer te kan uitvind oor hulle, en my stem te kan maak beter ingelig oor die kandidate se agtergrond.
Dat sy van Black Sash is, is beslis nie ‘n lieg nie, daarvoor onthou ek die foto’s in die Pers tog te duidelik, waar sy in die voorste slagordes “Toi-Toi”, maar die “Misleiding”, dis ‘n Grootlieg!
Die DA se demokratiese meerderheid is ten gunste van die diskriminerende wetgewing want, hulle is mos ook swart en voel net soos die ANC daaroor……, so eintlik is ou Tony Leon, die keer in die kol, die ANC en die DA is dieselfde! Een net so sleg soos die ander! Voels van dieselfde vere!
Siestog! Die DA en hulle leidster word darem verskriklik verlei, ekskuus, mislei. Só erg só dat sy nou al ten minste 3 e-posse wat na haar adres van [email protected] gestuur is, én ontvang en gelees is, nie eers so min gedoen het as om ontvangs van te erken nie. Seker maar Demokratiese hoflikheid en goeie maniere?; ek sal nie weet nie.
Hier is die jongste van daardie 3 e-posse:
Mev Helen Mareé
Leier: DA
Mev Mareé,
So, die DA is dus toe inderdaad nét so korrup en vol bedrog soos sy bedmaatjie en bondgenoot, die ANC? Kan seker ook nie anders nie as ‘n mens presies dieselfde beleid het.
Ek praat hier nou spesifiek van daardie bedrog en korrupsie van die DA om my selfoonnommer, SONDER my medewete of goedkeuring of toestemming, in die hande te kry, en my — slegs in Engels, natúúrlik — meermale te probeer intimideer met dreigemente om te gaan “registreer”, of só iets.
Jy sien, Helen, die resultaat van jou en die DA se optrede in hierdie verband is totaal kontraproduktief: nou sal ek juis NIE gaan registreer nie, en ook NIE gaan stem nie …. Allermins vir die oud-Progge.
Ook nie vir die Blêk Sêsj nie ….