Oorlog by Wonderboom lughawe

Veiligheidswagte van ’n privaat maatskappy staak by Wonderboom lughawe omdat Pretoria se munisipaliteit hulle nie betaal het nie.

Dit het daartoe gelei dat operateurs ernstige skade gely het toe daar ingebreek is by die lughawe en derduisende Rand se goedere van hulle gesteel is.

Die munisipaliteit beweer daar was ’n misverstand en probleem met die “kodes en nommers” van die maatskappy, wat veroorsaak het dat betalings nie gemaak kon word nie.

Die maatreëls om veiligheid te handhaaf, het intussen platgeval by die lughawe, en die skade wat berokken is met die inbraak beloop minstens R120,000..

Asof dit nie genoeg rede is om “oorlog te verklaar nie”, is die lughawe vir nog ’n duisendste keer sonder brandstof vir die vliegtuie, het een persoon aan Die Vryburger gesê.

“Vliegtuie se brandstof word uit die tenks gesteel, onderdele word verwyder van vliegtuie af en bande word omgeruil. Dit is ’n baie groot veiligheidsrisiko om by die lughawe betrokke te wees,” het hy gesê.