Olifant verniel voertuig

’n Besoekende Portugees aan die Maputo Olifant-reservaat in Mosambiek het benoud om hulp geroep na die Allerhoogste toe ’n trop olifante, en hulle kleintjies, reguit na sy viertrek voertuig begin stap het.

Een van die olifante het tot by die voertuig gestap om die “gedierte” te bekyk, toe die Portugees ’n ernstige fout begaan het deur die toeter te druk, in die hoop dat dit die olifant sal laat padgee.

Die olifant het doodluiters haar tande deur die ruit gedruk, en die voertuig ’n paar keer laat omrol.

Die olifant het in die proses die punt van haar een tand afgebreek, en is later in die voertuig gevind.

’n Voormalige veldwagter meen die situasie het ontstaan omdat die voertuig as ’n bedreiging vir die kleintjies ervaar is, maar dit wys ook daarop dat olifante gevaarlik kan wees.

Die eienaar van die voertuig het egter nie ernstige beserings opgedoen nie.