Oliepyplyn laat tientalle dood

Minstens 44 mense het die lewe gelaat en meer as 135 beseer na ‘n reuse ontploffing by ‘n oliepyplyn wat Vrydag in die ooste van China plaasgevind het by die hawestad Qingdao, ongeveer 300 kilometer van Shanghai.

Volgens woordvoerders was ‘n werkspan besig om aandag aan olielekke van die ondergrondse pyplyn te gee toe daar het ‘n brand ontstaan het wat tot die daaropvolgende ontploffing gelei het.

Die ontploffing het stukke van sypaadjies uitgeruk, voertuie omgekeer en vensters van geboue in die omgewing gebreek.

‘n Reddingspan was Saterdag nog besig met hulle werksaamhede op die terrein.

Die hawestad, Qingdao, kan sy inwoners terug herlei na ongeveer 6 000 jaar gelede en was ongeveer 150 jaar gelede deur die Chinese regering ingerig om China te beveilig teen seefrontaanvalle.

Die pyplyn, wat die hawe met chemiese aanlegte in die binneland verbind is ongeveer 170 km lank en behoort aan die groot Chinese petroleum maatskappy Sinopec.