Obama gewildheid laagste ooit

Die VSA se president, Barack Obama, se ongewildheid het alle vorige rekord oortref met ’n meerderheid Amerikaners wat nou vir ’n eerste keer glo dat hy oneerlik en onbetroubaar is.

Die invloedryke “Quinnipiac University Poll” het bevind dat Obama nou aansienlik meer ongewild is as wat George W Bush ooit was.

Nie minder as 54% van die deelnemers aan ’n “stemming”, het Obama se handelinge verwerp teenoor ’n skrale 39% wat hom ondersteun.

Op 1 Oktober was daar nog 45% wat hom ondersteun het.

Obama se geloofwaardigheid het in duie gestort weens sy swak administrasie en die chaotiese manier waarop die gesondheidsdienste uitgebou sou word, rakende die sogenaamde “bekostigbaarheid van gesondheidsdienste wet”.

Waar dames gewoonlik meer geneig is om die president te steun, is dit nou opvallend dat dames hoegenaamd nie tevrede is met sy optrede nie, en slegs 41% hom steun.