Nuwe toerusting bring verligting

Die Departement van Gesondheid het in 2011 altesaam 52 nuwe GeneXpert masjiene aangekoop om ’n baie vinnige toets vir middelweerstandige tuberkulose te doen.

Die masjien, wat beskou word as die beste stuk tegnologiese ontwikkeling in die wereld, is nou by die Suid-Afrikaanse Universiteit op die proef gestel.

Die toestel maak ’n 100% akkurate diagnose binne ’n bestek van 2 uur, en is ’n reuse verbetering op die ou stelsel wat tot ses weke kan duur voordat uitslae verkry word, en dan is die toetse nie altyd baie betroubaar nie.

In Suid-Afrika word sowat 500,000 TB-pasiënte jaarliks behandel.

Die nuwe toerusting sal die geweldige werklading aansienlik verlig, en sal pasiënte veel gouer met behandeling kan begin.