Nuwe regulasies vir vleisprodukte

Die navorsingswerk wat handel oor vleis-etikette, wat geïnisieer is deur die Universiteit Stellenbosch (US) is nou in nuwe regulasies vervat wat handelaars verplig om sekere besonderhede duidelik aan te wys,

Die nuwe regulasies verplig handelaars om van April 2014 met duidelike en spesifieke inligting op etikette die verbruiker in te lig.

Benewens die gewig van die inhoud, moet die produsent se naam, asook die bestanddele, duidelik leesbaar aangedui word op alle vleisprodukte wat verwerk, gedroog, of vooraf verpak is.

Die nuwe regulasies het nodig geword nadat daar verlede jaar bevind is dat vleisprodukte nie altyd was wat verbruikers gedink het hulle gekoop het nie.