Nuwe regters waarnemende hoofde

In die volgende ses maand sal twee nuut aangestelde regters ook die taak en verantwoordelikheid dra van die hoofregter.

Die Adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, is onlangs deur Jacob Zuma as waarnemende hoofregter aangestel.

Hy sal vir die laaste twee maande van 2013 en die eerste kwartaal van 2014 waarneem as hoofregter in Suid-Afrika.

Mogoeng Mogoeng, die hoofregter, is met sesmaande langverlof.

Terwyl Moseneke as hoofregter optree, word sy plek deur regter Thembile Skweyiya gevul as die adjunk-hoofregter.