Nuwe klagstaat teen Oscar

Die klagstaat teen Oscar Pistorius(26) is gewysig wat ook twee ander voorvalle bevat waar hy blykbaar ’n vuurwapen onwettig afgevuur het.

Die aanklagte is uitgebrei nadat dit aan die lig gekom het dat hy in die Tashas restaurant in Melrose Arch onwettig, en blykbaar sonder rede, ’n skoot afgevuur het met ’n .27 pistool.

Dit bring mee dat hy nou tereg staan op vir vier aanklagte van beweerde oortredings, en drie alternatiewe aanklagte.

Oscar word aangekla vir moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp (29).

Aanvanklik het hy terg gestaan op die moordaanklag, en die onwettige besit van vuurwapen ammunisie, van sowat 35 patrone met ’n .38 kaliber.

Sy verhoor word vroeg in 2014 in die Hooggeregshof van Pretoria voortgesit.