Nuwe Internet Radiostasie

In ’n kennisgewing word ’n nuwe Internet Radiostasie, Radio Vryheid, bekend gestel.

Die radiostasie stel hom ten doel om Boere-Afrikaners wêreldwyd te bedien en sal op Vrydag 13 November 2013 amptelik in bedryf wees.

Die radio gee ondermeer die volgende gegewens

Radio Vryheid is einde 2012 gestig met die uitsluitlike doel om ons mense, die Boere-Afrikanervolk, wêreldwyd aan te spoor om te verenig rondom die konsep van vryheid. Ons vryheidsgesinde mense, plaaslik en oorsee het die behoefte om na ‘n Internet radiostasie te luister wat uitdruklik Vryheid as eind doelwit stel.

Koerante en FM radiostasies is besig om ‘n stadige dood te sterf. Al meer mense luister en gebruik eerder die internet, die mees moderne manier van kommunikasie.

Radio Vryheid sal poog om alle volksgenote wat al drie die hoof godsdiens leerstellings, tewete die Gereformeerde leer, die Pinksterleer sowel as die Uitverkiesingsleer aanhang, te akkommodeer. Almal bly steeds immers mede Boere-Afrikaner volksgenote.

 

Kontak besonderhede:

[email protected]                               

Tel: 076 6444 046

Om te luister gebruik die volgende skakels:

Rekenaar: (Speel op Media-Player of VLC Speler)
http://198.245.61.142:9998/listen.pls

Net vir BB en I phone en Nokia Radio:
http://198.245.61.142:9998/;listen.mp3

Kan ook op die web-werf luister by:
http://www.radio-vryheid.co.za/

Ons eie sosiale netwerk:
http://www.sn.radio-vryheid.co.za/

Luister Op ShoutCast:
http://www.shoutcast.com/Internet-Radio/vryheid

Luister by TuneIn:
http://tunein.com/radio/Radio-Vryheid-s189886/

Kry jou VLC speler Hier:
http://www.videolan.org/vlc/index.html