Nuwe hospitaal vir Mitchells Plain

‘n Nuwe hospitaal, die eerste sedert 1994, van R600 miljoen is amptelik deur die Wes-Kaapse premier, Helen Zille geopen.

Die gebou met sy inheemse plante en fynbos buite en talle mosaïek-kunswerke binne wat o.l.v. die kunstenaar Lovell Friedman saam met ander kunstenaars gedoen is, vergelyk met van die bestes in die wêreld.

Boodskappe deur kinders van die Laerskool Imperial wat ook in mosaïek verewig is, lui o.a: "ek wens my pa wil ophou drink" en "hou op baklei."

Die Wes-Kaapse Minister van Gesondheid, Theuns Botha, het gesê die nuwe hospitaal in in 1994 aan die gemeenskap belowe. maar niks het daarvan gekom nie. Die planne is egter hersien en dit is deur die provinsiale regering gebou – die eerste nuwe openbare hospitaal in vier dekades.

Jan Fiskaal wil lesers herinner aan die Baragwanath hospitaal in Soweto wat met blanke belastingbetalersgeld gebou is.

Hierdie hospitaal was met sy voltooiing die grootste en beste toegeruste hospitaal in die suidelike halfrond.

Op Wikipedia word ‘n ander verhaal vertel en daar is net ‘n groot gat waar die apartheidsgeskiedenis moes wees, maar die feit van die saak is dat dit vandag een van die drie grootste hospitale in die wêreld is, met ‘n kapasiteit van 3,200 beddens en 6,760 personeellede.

Sedert die Apartheidsregering die hospitaal gebou het is daar geen steen bygevoeg en het niks, behalwe sy naam en die sigbare verval, verander nie.

Om hierdie hospitaal te voed, wat maar een van ‘n paar was, het die Apartheidsregering ook 10 universiteite vir swartes gebou, waaronder Medunsa, wat jaarliks ongeveer 200 hoogs gekwalifiseerde dokters in die wêreld ingestuur het.

Die Universiteit het ook paramedici en verpleegsters opgelei, alles op staatskoste waarvoor die blankes betaal het.

Alle linkse smart-vrate wat so negatief en hartseer oor Apartheid is, sit dit in julle pyp en rook dit.