Noord-Kaap skole met gratis onderwys

In die Noord-Kaap sal meer as 400 van die 552 skole in die provinsie se kinders gratis geleer word, en die ouers sal geen skoolgeld betaal nie.

Die provinsie begroot glo vir 2014 ’n bedrag van R170 miljoen om sowat 160,000 van die 260,000 kinders op die skoolbanke te hou.

Die meeste van die leerlinge is afkomstig uit swart en kleurling woongebiede in die Frances Baard en die John Taolo Gaetsewe distrikte.

Dit is ook deel van die verantwoordelikheid om “die ongelykhede van die verlede” in die onderwys te herstel, het ’n ANC woordvoerder gesê.