Minister Lulu Xingwana, het duisende
Hiervoor het die belastingbetaler betaal.
Sy is bekend daarvoor dat sy blykbaar nie huiwer om belastinggeld te gebruik om luuks en swierig te leef en te vertoon nie.
Sy het die duur motor gehuur om na ’n “familie-noodgeval” te reis in die Oos-Kaap. Xingwanam, asook haar adjunk, Bogopane-Zulu, beskik elkeen oor ’n ultra-luukse ampsmotor, wat aangekoop is vir vlak by die R3 miljoen.
Sy het gedurende die jaar reeds meer as R70,000 spandeer aan voertuie wat sy gehuur het om soms haar werk te doen, en soms vir privaat doeleindes.
Die Minister beskik oor twee ampsmotors, ’n Land Rover wat teen sowat R810,00 gekoop is, en ’n Mercedes-Benz S350 wat in 2012 teen meer as R985 000 gekoop is.
Wonder wat Pravin hieroor gaan doen?
Seker die DG se motor wegneem, want ministers hoef klaarblyklik nie die voorbeeld met besparing te stel nie.
Wanneer ‘n belastingbetaler fouteer, is die gevolge drakonies:
Hoe word ons beskerm teen hierdie aard van vermorsing?