Nog ‘n yslike ANC liegstorie

Die jongste storie wat in ’n taakspan se verslag aangevoer word oor Zumaville, en waarom die verbeterings aan Zuma se woonhuis miljoene gekos het, is omrede daar in die verlede geweldige sterk aardbewings in die gebied voorgekom het.

Dit is een van die grootste leuens wat vertel kan word oor Nkandla.

Die laaste aardbewing het 50 jaar gelede daar voorgekom en 3.1 op die skaal gemeet, en die grootste wat ooit voorgekom het was 80 jaar gelede en het 4,3 gemeet..

Die versperrings van 4 meter hoog is aangebring, om die Zuma-gesin teen verkragtings te beskerm, aangesien die gebied bekend is vir hoë verkragtings.

Dit is nog een van die grootste leuens denkbaar oor Zumaville.

Die gebied is hoogstens 150 ste uit 187 distrikte volgens die statistieke en is negende veiligste plek in Natal.

Dan word daar ook redes aangevoer dat brande, storms en vloede, sluipmoord en lugrampe, deel vorm van waarom R206 miljoen vermors moes word om die Zuma-gesin te “beveilig”.

Kenners wat die nodige gegewens nagegaan het, beweer dat al die redes wat in die verslag aangevoer word oor waarom R206 miljoen vermors is, as snert beskou moet word.