Nog ‘n suiwelprojek met reukie

Dis nie net die Guptas se R500 miljoen Vrede-suiwelskema wat ‘n reukie van kes het nie.

In Senekal is die hoof van die Setsoto-suiwelskema, Sello Tsolo, al vier maande in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gestrand nadat daar op sy pasoort beslag gelê is.

Na bewering het Tsolo ’n kontrak met ’n voornemende belegger in die melkprojek in Arabies onderteken en toe hy die “geld” wou gaan haal, agtergekom hy het ’n skuldbrief onderteken.

Die belegger  het ’n reisverbod op hom geplaas wat eers opgehef kan word as hy opdok.

Sugar Ramakarane, munisipale bestuurder, het gesê Tsolo is nie ’n amptenaar van die raad nie en hy het die projek dadelik gestop toe hy bestuurder geword het. Niemand het hom na die VAE gestuur nie en dit was nie ‘n amptelike besoek nie.

Dit is nog onduidelik of die Vrystaatse departement verantwoordelik is vir die projek soos in die Vrede-skema.

Nóg ’n sakeman wat saam met Tsolo na die VAE is, Albert Mokoena van Flaury Culture in Bloemfontein, is glo ook in dié land vasgekeer.