Nog erfenisskatte gebuit

Die Magersfontein-museum en die Clyde N. Terry-militêre museum van die Memorable Order of Tin Hats (Moth’s) in Kimberley, is die nuutste slagoffer van ‘n vermeende sindikaat wat waardevolle erfenisskatte steel.

Onlangs is berig van die diefstal van onder andere die goue sakhorlosie van genl. Christiaan de Wet en ander belangrike memorabilia.

Die diefstal van twee oorlogsmedaljes by die Clyde N. Terry-militêre museum is verlede week ontdek.

Kenners meen dat dit dieselfde diewe wat verantwoordelik vir al die diefstalle is.

Van die medaljes wat gesteel is, kom uit die Krimoorlog (1853-1856), asook die Eerste Anglo-Sikh-oorlog (1845-1846).

Beryl Wilson, wat die diefstal namens die McGregor-museum by die polisie aangemeld het, sê sy volg alle leidrade op. Interpol is ook betrokke.