Nog afluister skandes tref VSA en Brittanje

Edward Snowden, die voormalige VSA agent, sit die ganse wereld weer op hol met vêrdere onthullings oor die VSA en Engeland se afluister-spioenasie.

Uit die dokumente blyk dit dat die twee regerings hulle daaraan skuldig maak om internet gebruikers se privaat boodskappe te tap.

Uit die vrygestelde dokumente, word dit duidelik dat die data van Google- en Yahoo-gebruikers igetap word deur die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsagentskap (NSA) en geberg word in Ford Meade, Maryland.

Die inligting is deur die Britse koerant “The Guardian” asook “The Independent” bekend gemaak.

Beide lande se agentskappe, NSA van Amerika, en die Britte se agentskap (CGHQ) het glo deurgebreek op Google en Yahoo se stelsels.

Almal ontken nou heftig dat dit gebeur het. Google en Yahoo, sowel as NSA beweer dat dit nie waar is nie, maar die dokumente wat deur Snowden vrygestel is, vertel ’n ander verhaal.

Volgens sy dokumente, is die ganse wereld se internetgebruikers nou blootgestel aan die spioenasie netwerk van die twee lande.

In die dokumente word beweer dat die NSA elke dag miljoene dokumente aftrek van die twee soek-enjins.

Blykbaar het die NSA in 30 dae sowat 181 miljoen dokumente geberg.

Van die data is onder meer verkry uit e-posse, klankbane, nuusberigte, ensovoorts.

Kenners meen die optrede van die VSA se Obama-regering, sowel as die Britte se optrede, ’n ernstige skending van die volkerereg is en behoort deur die Verenigde Nasies hanteer te word.

Intussen het Die Vryburger verneem dat Snowden eersdaags vir ’n baie groot Russiese webwerf sal begin werk.

Waarnemers meen die moontlikheid bestaan dat die VSA weer verskoning sal moet aanbied oor sy vergrype.

Foto – Edward Snowden