Nie opdrag gegee nie?

Pres. Jacob Zuma sê hy het nie enige opdrag gegee vir die landing van die omstrede Gupta-familie se privaat vliegtuig nie.

Zuma is in die parlement die vraag gevra, en hy het ontken dat hy enige opdrag gegee het in die verband.

“Ek het mnr. Koloane nooit opdragte oor die troureëlings gegee nie,” het die president geantwoord.

Die antwoord is lynreg in stryd met wat mnr. Koloane aanvanklik gesê het oor die “opdragte van Nommer 1 wat hy uitvoer”.