Nederland se werkloosheid laer

Terwyl daar al hoe meer positiewe ekonomiese nuus in die Europese Unie bekend word, bly Nederland ook nie agter nie.

Die werkloosheidsyfer vir Oktober toon dat werkloosheid verlaag het tot 8.5% van die land se arbeidsmag teenoor die 8.7% in September.

Die werkloosheid in Nederland het die afgelope drie maande ‘n konstante verbetering van ongeveer agtduisend per maand ervaar met mans en jong mense wat die meeste baat gevind het.

In sekere EU ledestate soos Spanje, Griekeland en Italië is dit jong mense wat die ernstigste onder werkloosheid ly.