Na drie maande weer op koers

Mnr. Allister Gibbons (61) het by die dood omgedraai toe hy deur ’n voertuig omgery is, maar die man wat hoeveel Comrades wedlope voltooi het, het weer herstel en is terug op sy pos as hoof van ’n hondeskool.

Gibbons het feitlik elke ribbebeen in sy lyf gebreek gehad, sy een enkel was vergruis, albei sy bo-arms was gebreek, sy een sleutelbeen af, en ’n knie is ernstig beseer, maar na sowat vier weke in die hospitaal, en twee maande tuis, het hy weer begin loop, en doen hy ligte oefeninge om te herstel.

Die loop oefening is met behulp van ’n loopraam begin, en nou is hy reeds instaat om klein entjies op eie stoom te stap.

Hy sê hy is nog nie fiks genoeg nie, en besoek die fisioterapeut daagliks voor hy werk toe gaan.